G-Project is currently active in 2 municipal areas in the Western Cape.
We have over 80 beneficiaries on the database.
With more than 15 sponsors.
Help us grow these statistics!

G-GARDEN

Die G-Projek gaan nie net oor kosG nie. Dit gaan oor omG maar ook opheffing van mense.

Ons is bevoorreg om die tyd, kennis en energie van Michael van Niekerk te kan benut om 'n tuinbouprojek op die Posduifklubperseel (waar ons ook kosgee) te loods. In die volgende klompie maande sal daar op 'n barre stuk grond iets positiefs tot stand kom wat 'n demonstrasie sal wees van hoe haweloses en werkloses 'n nuwe begin kan maak. Raadslid Dr Thys Smith sal poog dat ons die perseel gratis by die Munisipaliteit kan huur.

Enige persoon of instansie wat Michael kan ondersteun om van die G-TUIN 'n sukses te maak, word versoek om ons te laat weet. Hy het hande, materiaal, toesig ens nodig. Hier is 'n geleentheid om op 'n besonderse manier 'n verskil te kan maak in Wellington.

Gedurende die winter het ons die uitleg van die tuin verander sodat dit meer besoekers vriendelik kan wees. Heidi Swart, 'n bekende in tuinbou kringe het hiermee en die aanplant van 'n groot verskeidenheid groentes en kruie gehelp. Ons het ook met 'n baie opwindende projek begin - die aanplant van 175 bome om die saam met die 175 jaar vieringe van die Moedergemeente te val. Daar is reeds 12 sierbome en 96 olyfbome aangeplant.

Nuwe werk sluit in waterverspreiding en die maak van komposhokke.

OUR NEWS

ONGOING
Image 05
Feeding scheme
Meals are provided from Monday to Friday, and on Sundays at select locations.
ONGOING
Image 06
Give Responsible campaign
The public is educated not to give money or handouts directly to steet people.
ONGOING
Image 07
Medical service
NORSA is supporting the G- Project by providing free medical evaluations.